Piet Bester Makelaars BK is in 1998 gestig as Piet Bester Dynarc en het oor die jare ontwikkel tot ‘n toonaangewende onafhanklike finansiële makelaarsfirma. In 2006 het die onderneming ‘n beslote korporasie (BK) geword en begin handel dryf onder die naam Piet Bester Makelaars BK.
Met meer as 35 jaar ondervinding in die finansiële sektor, het ons ‘n sterk reputasie opgebou vir uitmuntende diens, kundige advies en betroubare finansiële oplossings. Ons spesialiseer in finansiële beplanning, korttermyn- en langtermynversekering, asook kommersiële en oesversekering.
Ons sukses is gegrond op persoonlike diens, sterk verhoudings met topversekeraars en ‘n verbintenis tot risiko-ontleding en finansiële sekuriteit. Vandag is ons ‘n vertroude vennoot vir individue, besighede en landbou-ondernemings wat ‘n betroubare en kundige finansiële makelaar benodig.